Maureen Connolly (1934–1969) was ’n Amerikaanse tennisspeler. Sy het nege Grand Slam-enkelspeltitels in die 1950's gewen. In 1953 was sy die eerste vrou wat dit reggekry het om Wimbledon, die Amerikaanse Ope en die Franse Ope in een jaar te wen.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Connolly is op 17 September 1934 in San Diego, Kalifornië gebore. Sy is in 'n perdry-ongeluk beseer en moes haar tennisloopbaan op die ouderdom van 19 beëindig. Sy was van 1955 tot haar dood met Norman Brinker getroud. Die egpaar het twee dogters gehad. Sy is in 1966 met ovariale kanker gediagnoseer, wat na haar maag versprei het. Connolly is op 21 Junie 1969 in Dallas oorlede. Sy was 34 jaar oud.International Tennis Hall of Fame, tennisfame.com, besoek op 25 Julie 2017

Grand Slam-toernooie

Enkelspel Toernooi 1951 1952 1953 1954 Australiese Ope – – W – Franse Ope – – W W Wimbledon – W W W Amerikaanse Ope W W W –

Vrouedubbelspel Toernooi 1952 1953 1954 Australiese Ope – W – Franse Ope – V W Wimbledon V V – Amerikaanse Ope V – –

Gemengde dubbelspel Toernooi 1953 1954 Australiese Ope V – Franse Ope V W Wimbledon – – Amerikaanse Ope – –

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 1969