Distikstofpentoksied is 'n stikstofoksied met formule . In hierdie verbinding met suurstof het stikstof die hoogste oksidasietoestand N(V). Dit is die anhidraat van salpetersuur. Dit is 'n vastestof met 'n lae smeltpunt, wat daarna ontbind, soms met 'n ontploffing.
Reaktiwiteit kan gevorm word deur salpetersuur op fosforoksied te drup:
is 'n sterk oksideermiddel en word gebruik om watervrye nitrate te vervaardig, bv:
reageer vryelik met water, byvoorbeeld vog in die lug, om salpetersuur te vorm:
word soms opgelos in suiwer salpetersuur. Hierdie oplossing verhoed die ontstaan van water, omdat dit onmiddellik deur die pentoksied in salpetersuur omgesit sal word. ondergaan 'n dissosiasie-ewewig in hierdie oplossing en vorm ione:
Dit kom ooreen met die heksagonale kristalstruktuur wat uit plat driehoekige nitraat-ione en lineêre nitroniumione bestaan.Structure and Chemistry of Crystalline Solids Springer Science & Business Media, 2007, , Dit is in der waarheid 'n sout: nitroniumnitraat. Die damp bestaan nogtans uit -O--molekule. Molecular structure of dinitrogen pentoxide in the gas phase. Large amplitude motion in a system of coupled rotors, , J. Am. Chem. Soc., 1983, 105(12), bls 3789–3793
-oplossings in salpetersuur kan gebruik word om watervrye metaalnitrate te vervaardig. 'n Toriumnitraathidraat gee aanvanklik 'n adduk:
Die adduk kan in vakuum verhit word tot 150-160 °C om die watervrye vry te stel.Advances in Inorganic Chemistry and Radiochemistry, Deel 6 Academic Press, 1964, ,
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van stikstof