Die Nakajima Ki-43 Hayabusa is 'n enkelsitplek, enkelmotorige vegvliegtuig wat deur die Keiserlike Japannese Leër gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel uit 'n behoefte van die Japannese Leër vir 'n vegvliegtuig met 'n intrekbare onderstel om die Nakajima Ki-27 te vervang. Die ontwerptema was weereens beweegbaarheid en minimum gewig dus was daar geen pantser vir die vlieënier, geen selfseëlende tenks en geen elektriese aansitter nie. Die toetsvlugte in 1939 was egter teleurstellend en ontwikkeling is gestaak tot 1941. Hierna is combat klappe aan die vlerke gevoeg en die vliegtuig het 'n kleiner draaisirkel gehad as die Mitsubishi A6M Zero. Die vliegtuig kon nou met die beste van die Geallieerdes meeding, en word in Junie 1941 suksesvol in diens gestel.

Baie van Japan se bobaasvlieëniers het hulle oorwinnings in dié vliegtuig behaal. Nadat nuwe Geallieerde vliegtuie tot die gevegte toegetree het, is pantser en selfseëlende tenks toegevoeg aan die Nakajima Ki-43. Die motor is ook vervang met 'n kragtiger een en die vlerkpunte is meer reghoekig gemaak. Hierdie model is die Mk-II genoem.

Die Nakajima Ki-43 was die duur van die hele oorlog deur in aksie in die Stille Oseaan en in die laaste dae gehelp om Tokio te verdedig asook vir Kamikaze missies gebruik. Daar is 6 000 eenhede van die vliegtuig gebou. Dit verteenwoordig die meeste eenhede gebruik van enige vliegtuig deur die Japannese Leër. Slegs die Zero was meer in getalle, vir gebruik deur die Japannese Vloot.

Die Franse Lugmag het van die vliegtuie gebruik in die Indo-Chinese oorlog. Die Geallieerdes se naam vir die vliegtuig was die Oscar.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Nakajima Ki-43-II: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerNakajima Ha-115 stermotor Kraglewering per motor1 150 perdekrag Vlerkspan10,84 m Lengte8,92 m Hoogte3,27 m Vlerkoppervlakte21,4 m2 Maksimum opstygmassa2 925 kg Maksimum snelheid530 km/h Operasionele hoogte11 200 m Togafstand1 760 km Klimvermoë 5 000 m in 5 minute, 49 sekondesBewapeningTwee 12 ,7mm masjiengewereen twee 30 kg of 250 kg bomme

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog