Die Liguriese See (Frans: Mer Ligurienne, Italiaans: Mar Ligure, Latyns: Mare Ligusticum) is 'n see van die Middellandse See tussen Korsika in die suide, Frankryk en Monaco in die noordweste en Italië in die noorde en ooste. Die see grens in die noordweste aan die Franse Riviera, in die noorde aan Ligurië, in die ooste aan Toskane en in die suidooste aan die Tirreense See. Die see is genoem ná die antieke volk van die Liguriërs.

Belangrikste nedersettings aan die see is Cannes, Genua, La Spezia, Monaco en Nice.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Seë van die Middellandse See Kategorie:Landvorme van Frankryk Kategorie:Landvorme van Italië Kategorie:Geografie van Monaco