Die Bon Accord-nikkelafsetting is naby Barberton in Mpumalanga geleë. Dit is 'n klein afsetting van nikkelhoudende minerale (6 x 3 x 0,3 m). Daar kan twee verskillende afsettings onderskei word, 'n sulfidiese en 'n geöksideerde een.

Daar word ook 'n paar PGE-minerale soos stibiopaladiet, ungaviet, genkiniet en platarsiet aangetref. Dit is die tipeligging vir 'n paar minerale:

Bonaccordiet Cochromiet Liebenbergiet Nimiet Trevoriet Willemseïet

Verwysings

Kategorie:Mineralogie van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga