Klavierconcerto nr. 5 in D-majeur, K. 175, is 'n klavierconcerto wat deur die 17-jarige Wolfgang Amadeus Mozart in 1773 gekomponeer is. Dit is Mozart se eerste oorspronklike klavierconcerto; sy vorige pogings is gebaseer op ander komponiste se werke. Klavierconcerto nr. 5 was een van Mozart se gunsteling concerto's. Dit word in baie van sy briewe na verwysHutchings (sien bronnelys), p. 49-50. en hy het dit opgevoer tot en met die jaar van sy dood.
Instrumente Die partituur is geskryf vir twee hobo's, twee Franse horings, twee trompette, timpani, en strykinstrumente. Die trompette en timpani is afwesig in die tweede beweging. Dit was Mozart se enigste concerto met trompette en timpani tot en met Klavierconcerto nr. 10, K. 365.
Bewegings Die concerto bestaan uit drie bewegings: Allegro Andante ma un poco adagio (in G-majeur) Rondo: Allegro
Verwysings
Bronne Hutchings, A. 1997. A Companion to Mozart's Piano Concertos, Oxford University Press.
Sien ook Lys van klavierconcerto's van Wolfgang Amadeus Mozart
Eksterne skakels
05 Kategorie:Komposisies in D-majeur Kategorie:Komposisies uit 1773