duimnael|links|Ligging van die Baffinbaai Die Baffinbaai (Engels: Baffin Bay, Frans: Baie de Baffin, Inuktitut: Saknirutiak Imanga, Groenlands: Avannaata Imaa) is 'n baai van die Atlantiese Oseaan in Noord-Amerika tussen Baffin-eiland en Bylot-eiland in die suidweste, Devon-eiland en Ellesmere-eiland in die noordweste en Groenland in die noordooste. Die Baffinbaai word in die noorde deur die Nares-straat met die Lincolnsee en in die suidooste deur die Davis-straat met die Labradorsee verbind. Die baai het 'n oppervlakte van sowat 689 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 861 m. Die Baffinbaai is in 1585 deur die Engelse navigator John Davis vir Europa ontdek, maar ná die Britse ontdekkingsreisiger William Baffin genoem, wat dit saam met Robert Bylot in 1616 deurkruis het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Baaie Kategorie:Geografie van Groenland Kategorie:Nunavut Kategorie:Seë van Noord-Amerika Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan