duimnael|links|Ligging van die Labradorsee Die Labradorsee (Deens: Labradorhavet, Engels: Labrador Sea, Frans: Mer du Labrador) is 'n see van die Atlantiese Oseaan tussen Newfoundland en Labrador in die suidweste, Baffin-eiland in die noordweste en Groenland in die noordooste. Die Labradorsee word deur die Hudson-straat tussen Baffin-eiland en Labrador-skiereiland met die Hudsonbaai in die weste en deur die Davis-straat tussen Baffin-eiland en Groenland met die Baffinbaai in die noorde verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 841 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 1 898 m. Die see is genoem ná die Portugese ontdekkingsreisiger João Fernandes Lavrador, wat die kus van die Labrador-skiereiland in 1497 saam met John Cabot verken het.
Die belangrikste nedersetting aan die see is Nuuk (Deens: Godthåb), die hoofstad van Groenland.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Groenland Kategorie:Newfoundland en Labrador Kategorie:Nunavut Kategorie:Seë van Noord-Amerika Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan