Die Nakajima Ki-44 Shoki was 'n Japannese enkelsitplek, enkelmotorige vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Dit is ontwerp as 'n onderskeppingsvliegtuig; dus was hoë topsnelheid en klimvermoë 'n vereiste.
Die prototipe het sy nooiensvlug in Augustus 1940 voltooi en is teen 'n ingevoerde Messerschmitt Bf 109 getoets. Die Nakajima was tydens die toets die betere. Produksie van die vliegtuig het eers in die middel van 1942 begin en daar is in totaal 1 225 vliegtuie gebou. Die meeste hiervan is aangewend om die tuiseilande van Japan te verdedig. Op 19 Februarie 1945 het 'n aantal Nakajima Ki-44's 'n mag van 120 Boeing B-29 Superfortress's aangeval en tien vernietig. Die Geallieerses het die vliegtuig die Tojo genoem.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Nakajima Ki-44-IIb: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerNakajima Ha-109 stermotor Kraglewering per motor1 520 perdekrag Vlerkspan9,45 m Lengte8,8 m Hoogte3,25 m Vlerkoppervlakte15,0 m2 Normale opstygmassa2 995 kg Maksimum snelheid605 km/h Operasionele hoogte11 200 m Togafstand1 700 km Klimvermoë 1 200 m per minuutBewapeningVier 12 ,7mm masjiengewere
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog