Amanda Coetzer (1971-) is ’n voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler. In 1996 word sy die eerste (en tot dusver die enigste) Suid-Afrikaanse vrou in die professionele era van tennis wat 'n enkelspelfinaal van ’n Grand Slam-toernooi haal (die Australiese Ope en Franse Ope, waarin sy telkens in die eindstryd verloor). Vir die grootste deel van haar loopbaan verskyn haar naam op die wêreldranglys van die 20 beste vroue-enkelspelspelers. Male sonder tal het sy spelers hoër gekeur as syself geklop en daarom, asook vanweë haar klein postuur, die bynaam "The Little Assassin" gekry. In 1999 is sy die enigste speler wat Steffi Graf, Martina Hinges en Lindsay Davenport klop terwyl hulle elk in daardie stadium die topspeler in die wêreld was. In 2000 het sy en Wayne Ferreira die Hopmanbeker gewen.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Coetzer is op 22 Oktober 1971 in Hoopstad gebore. Sy begin haar tennisloopbaan in 1988 en hang haar skoene in Junie 2004 op. Sy het haar hoogste ranglysposisie in die enkelspel, die derde plek, op 3 November 1997 bereik. Sy is met die filmprodusent Arnon Milchan getroud.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Amanda Coetzer tydens 'n uitstallingswedstryd in Februarie 2000 duimnael|links|upright|Amanda Coetzer tydens die Franse Ope 2000 Die tabel toon Coetzer se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroueenkels waaraan sy deelgeneem het:
Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope1988 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie K3 K11989 Nie deelgeneem nie Rondte 4 Rondte 1 Rondte 11990 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 2 Rondte 11991 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Rondte 2 Rondte 11992 Nie deelgeneem nie Rondte 3 Nie deelgeneem nie Rondte 31993 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 31994 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 4 Kwarteindstryd1995 Rondte 3 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 11996 Halfeindstryd Rondte 4 Rondte 2 Kwarteindstryd1997 Halfeindstryd Halfeindstryd Rondte 2 Rondte 41998 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 2 Kwarteindstryd1999 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 12000 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 2 Rondte 32001 Kwarteindstryd Rondte 3 Rondte 3 Rondte 12002 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 32003 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 32004 Rondte 2 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie
Verwysings
Eksterne skakels
Amanda Coetzer se ITF-profiel Amanda Coetzer se WTA-profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers