Pietie Coetzee (1978-) is Suid-Afrika se mees ervare vrouehokkiespeler en ’n gedugte doelskieter.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy het haar internasionale debuut in 1995 op die ouderdom van 16 gemaak, die jongste vrou nóg wat vir Suid-Afrika gespeel het. Teen Junie 2013 het sy reeds in 268 toetse gespeel en 273 doele (’n wêreldrekord) geskiet. Sy het Suid-Afrika reeds by drie Olimpiese Speles verteenwoordig.
Coetzee is op 2 September 1978 in Bloemfontein gebore en studeer aan die Randse Afrikaanse Universiteit, wat nou as die Universiteit van Johannesburg bekend staan. Sy maak haar debuut vir die Suid-Afrikaanse hokkiespan in 1995 en verteenwoordig haar land by die Olimpiese Spele van 2000 in Australië, 2004 in Griekeland en 2012 in die Verenigde Koninkryk.
Tydens die Hokkie-wêreldbeker van 2002 in Perth was sy met nege doele die top puntemaker van die toernooi. Desondanks eindig Suid-Afrika in die 13de plek. In 1997 en 2002 is sy as Suid-Afrika se hokkiespeler van die jaar aangewys.
Op 21 Junie 2011 word sy die voorste doelskieter in internasionale vrouehokkie met haar derde van vier doele, waartydens haar span met 5-5 gelykop teen die Verenigde State in die Kampioenuitdaging in Dublin speel. Dit het haar kerf tot 221 doele opgestoot en die 20-jarige wêreldrekord van Rusland se Natalya Krasnikova verbeter.
Internasionale senior toernooie 1995 – Afrika Spele (All Africa Games), Harare 1998 – Wêreldbeker, Utrecht 1998 – Statebondspele, Kuala Lumpur 1999 – Afrika Spele, Johannesburg 2000 – Kampioene Trofee, Amstelveen 2000 – Olimpiese Spele, Sydney 2002 – Kampioenuitdaging, Johannesburg 2002 – Statebondspele, Manchester 2002 – Wêreldbeker, Perth 2003 – Afrika Spele, Abuja 2003 – Afro-Asiatiese Spele, Hyderabad 2004 – Olimpiese Spele, Athene 2005 – Kampioenuitdaging, Virginia Beach 2012 − Olimpiese Spele, Londen
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse veldhokkiespelers Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers