duimnael|links|Ligging van die Groenlandsee Die Groenlandsee (Deens en Noors: Grønlandshavet, Yslands: Grænlandshaf) is 'n see van die Atlantiese Oseaan tussen Groenland in die weste, Svalbard in die noordooste, Jan Mayen in die suide en Ysland in die suidweste. Die Groenlandsee grens aan die Noorse See in die suidooste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Barentssee in die ooste. Die Groenlandsee word deur die Straat van Denemarke tussen Groenland en Ysland met die Atlantiese Oseaan in die suidweste en deur die Fram-straat tussen Groenland en Svalbard met die Wandelsee in die noorde verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 465 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 1 450 m.

Belangrike nedersettings aan die see is Ittoqqortoormiit op Groenland en Longyearbyen op Svalbard.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Groenland Kategorie:Geografie van Jan Mayen Kategorie:Geografie van Svalbard Kategorie:Geografie van Ysland Kategorie:Seë van Europa Kategorie:Seë van Noord-Amerika Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan