duimnael|links|Ligging van die Oos-Siberiese See Die Oos-Siberiese See (Russies: Восто́чно-Сиби́рское мо́ре, Vostochno-Sibirskoye more) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen die Nieu-Siberiese Eilande in die weste, Wrangeleiland in die ooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Oos-Siberiese See grens aan die Laptefsee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Tsjoekotkasee in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 936 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 9–20 m.

Belangrike riviere wat in die Oos-Siberiese See uitmond is die Indigirka en die Kolima. Die see is feitlik die hele jaar gevries.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Arktiese Oseaan Kategorie:Siberië