Rudolf Khametovich Nureyev (Basjkiries en Tataars: Рудольф Хәмит улы Нуриев, Russies: Рудо́льф Хаме́тович Нуре́ев; Afrikaanse transkripsie: Roedolf Chametowitsj Noerejef; 17 Maart 1938 tot 6 Januarie 1993) was ’n Sowjet-balletdanser en . Hy was van 1983 tot 1989 direkteur van die Ballet de l'Opéra national de Paris en tot Oktober 1992 die hoofchoreograaf daarvan.
Hy het die Engelse bynaam "Lord of the Dance" gekry,A Couture Worthy Ode to la Mode of the Original Lord of the Dance: *RUDOLF NUREYEV A Life in Dance* , review, FashionTribes.com, 29 Augustus 2012. en is beskou as een van die balletwêreld se mees talentvolle dansers.Lord of the dance – Rudolf Nureyev at the National Film Theatre, London, 1-31 January 2003, deur John Percival, The Independent, 26 Desember 2002.Rudolf Nureyev, Charismatic Dancer Who Gave Fire to Ballet's Image, Dies at 54, deur Jack Anderson, The Independent, 7 Januarie 1993. Rudolf Noureev exercising at the barre, 21 Desember 1970, site INA (4 min 13).Philippe Noisette, « Que reste-t-il de Noureev ? », Les Échos, 1 Maart 2013.
Nureyev was ook ’n choreograaf van formaat. Hy het sy eie vertolkings van verskeie klassieke werke vervaardig,Rudolf Nureyev's Choreographies, amptelike webtuiste, Rudolf Nureyev-stigting onder meer Swanemeer, Giselle en La Bayadère. Benjamin Millepied, le pari de Stéphane Lissner, Paris Match, 26 Januarie 2013.
Die danser het sy loopbaan in die Mariinski-balletgeselskap in Sint Petersburg begin. Hy het in 1961 van die Sowjetunie na die Weste oorgeloop, ondanks pogings van die KGB om hom te keer. Dit was die eerste keer dat ’n Sowjet-kunstenaar tydens die Koue Oorlog na die Weste oorgeloop het en dit het ’n internasionale opskudding veroorsaak. In 1982 het Nureyev Oostenrykse burgerskap aanvaar.
Hy het daarna in The Royal Ballet in Londen gedans en van 1983 tot 1989 was hy direkteur van die Paryse Operaballet.
Vroeë lewe Nureyev is op die Transsiberiese trein naby Irkoetsk in Siberië in die destydse Sowjetunie gebore terwyl sy ma, Feride, na Wladiwostok gereis het waar sy pa, Chamet, ’n politieke kommissaris in die Rooi Leër, gestasioneer was.
Hy was die enigste seun en het drie ouer susters gehad. Hulle was ’n Tataarse gesinAmptelike webtuiste, Rudolf Nureyev-stigting: kort biografie wat op ’n dorpie naby Oefa in Basjkortostan gewoon het. As kind het hy verlief geraak op ballet en het hy aan Basjkiriese volksoptredes deelgeneem. Sy onderwysers het sy talent raakgesien en hom aangemoedig om opleiding in Sint Petersburg te ondergaan. Op ’n toer saam met ’n plaaslike balletgeselskap het Nureyev in Moskou ’n oudisie by die Bolsjoi-balletgeselskap afgelê, en hy is aanvaar.
Opleiding aan die Waganowa-akademie Nureyev het egter gevoel Mariinski-ballet was die beste. Hy het die plaaslike geselskap verlaat en na Sint Petersburg gereis.Rudolf Nureyev – Biography – 3 Years In The Kirov Theatre, Amptelike webtuiste, Rudolf Nureyev-stigting Weens die ontwrigting van die Sowjet-kultuurlewe deur die Tweede Wêreldoorlog kon Nureyev eers in 1955 aan ’n groot balletskool inskryf: Hy was 17 toe hy aanvaar is deur die Waganowa-akademie van Russiese Ballet in Sint Petersburg, ’n vennootinrigting van Mariinski-ballet.
Die balletmeester Aleksander Iwanowitsj Poesjkin het hom professioneel oor Nureyev ontferm en hom toegelaat om by hom en sy vrou te woon.
Hoofrolle vir Kirof-ballet Nadat hy sy opleiding in 1958 voltooi het, het Nureyev by die Kirof-balletgeselskap (nou die Mariinski) aangesluit. Hy het dadelik hoofrolle gekry om te dans. Kort voor lank het Nureyev een van die Sowjetunie se bekendste dansers geword. Van 1958 tot 1961, in sy drie jaar by die Mariinski, hy het 15 rolle gedans, gewoonlik saam met Ninel Koergapkina. Die twee is genooi om op ’n byeenkoms by die datsja van Nikita Chroesjtsjof te dans, en in 1959 is hulle toegelaat om buite die Sowjetunie te reis en in Wene op die internasionale jeugfees te dans. Kort daarna het die departement van kultuur hom meegedeel hy sal nie weer toegelaat word om oorsee te reis nie.Watson, P., Nureyev: A Biography, p.147
Oorlopery na Parys duimnael|links|240px|Rudolf Nureyev nadat hy in 1961 na die Weste oorgeloop het.
Teen die laat 1950's was Nureyev ’n sensasie in die Sowjetunie. Hy het egter ’n rebelse persoonlikheid gehad en toe Mariinski-ballet gereed maak vir ’n toer na Parys en Londen, was hy ’n onwaarskynlike kandidaat vir die reis na die Weste, wat van uiterse belang sou wees vir die Sowjetregering om hul kulturele meerwaardigheid ten toon te stel.
Spanning het ook opgebou tussen Nureyev en die Mariinski se artistieke direkteur, Konstantin Sergejef, die man van sy voormalige dansmaat Natalia Doedinskaja. Nadat ’n verteenwoordiger van die Franse toerorganiseerders Nureyev in 1960 in Petrograd sien dans het, het hulle die Sowjetowerhede egter oorreed om hom in Parys te laat dans.
In Parys het hy gehore betower.Watson, P., Nureyev: A Biography, p.152 Hy is egter gesien waar hy die verbod op ’n mengery met buitelanders verbreek het. Dit was ’n bron van kommer vir die Mariinski se bestuurWatson, P., Nureyev: A Biography, p.151 en die KGB-agente wat hom dopgehou het. Die KGB wou hom na die Sowjetunie terugstuur en toe die geselskap op 16 Junie 1961 op die Le Bourget-lughawe in Parys byeenkom om na Londen te vlieg, het Sergejef hom eenkant geroep en gesê hy moet na Moskou terugkeer vir ’n spesiale vertoning in die Kremlin. Nureyev het agterdogtig geraak en geweier. Daar is agterna vir hom vertel sy ma is ernstig siek en hy moes dadelik huis toe gaan om haar te gaan sien.Watson, P., Nureyev: A Biography, p.161 Nureyev het weer geweier omdat hy gedink het hy sou waarskynlik in hegtenis geneem word sodra hy in die Sowjetunie aanland.
Met die hulp van die Franse polisie en ’n Paryse sosiale vlinder, Clara Saint, wat verloof was aan die seun van die Franse minister van kultuur Andre Malraux, het Nureyev die KGB-agente ontglip en om asiel aansoek gedoen. Sergejef en die KGB het hom probeer oorreed om Parys te verlaat, maar hy het besluit om te bly.
Binne ’n week is hy deur die Grand Ballet du Marquis de Cuevas aangestel en het hy in Die Slapende Skoonheid opgetree saam met Nina Vyroubova. Op ’n toer deur Denemarke het hy die soloïs Erik Bruhn van die Koninklike Deense Ballet ontmoet. Bruhn het sy minnaar, beste vriend en beskermheer geword tot met Bruhn se dood in 1986.
Die Sowjetowerhede het Nureyev se pa, ma en dansonderwyser Poesjkin sover gekry om vir hom briewe te skryf waarin hulle hom probeer oorreed om na die Sowjetunie terug te keer, maar vergeefs. Hoewel hy die Sowjetregering baie jare lank gesmeek het om sy ma toe te laat om hom te besoek, is sy nie toegelaat nie – tot in 1987, toe sy ma sterwend was en Michail Gorbatsjof ingestem het. In 1989 is hy genooi om die rol van James in La Sylphide te dans vir Mariinski-ballet in Sint Petersburg.Watson, P., Nureyev: A Biography, p.426
The Royal Ballet duimnael|240px|Liliana Cosi en Nureyev in Rome. duimnael|240px|Margot Fonteyn as Cinderella.
Nureyev se eerste optrede in Brittanje was by ’n ballet-matinée wat in 1961 deur The Royal Ballet se prima ballerina dame Margot Fonteyn gereël is. Dit is gehou ten behoewe van die Royal Academy of Dance, ’n onderrigorganisasie vir klassieke ballet waarvan sy die voorsitter was.
Dame Ninette de Valois het hom ’n kontrak aangebied om as The Royal Ballet se hoofdanser op te tree. Sy eerste optrede vir die geselskap was op 21 Februarie 1962 saam met Margot Fonteyn in Giselle. Fonteyn en Nureyev sou daarna gereeld saam dans. Nureyev het tot in 1970 by The Royal Ballet gebly. Hy is toe as hoofgaskunstenaar bevorder, wat hom in staat gestel het om op sy toenemend besige rooster van internasionale gasoptredes en toere te konsentreer. Hy het steeds gereeld vir The Royal Ballet gedans tot in die 1980's toe hy by die Ballet de l'Opéra national de Paris aangesluit het.
Nureyev en sy mededansers Yvette Chauviré van die Paryse Operaballet het dikwels saam met Nureyev gedans; hy het haar as ’n "legende" beskryf.
Nureyev en Margot Fonteyn het lank saam gedans, selfs nadat hy by The Royal Ballet weg is. Nureyev het eenkeer gesê hy en Fonteyn, wat 19 jaar ouer as hy was, dans met "een liggaam, een siel". Saam het hulle in die première van sir Frederick Ashton se ballet Marguerite and Armand opgetree wat gedans word op Liszt se Klaviersonate in B-mineur, wat hul spesialiteitsballet geword het. Rolprente bestaan van hulle wat saam dans in Les Sylphides, Swanemeer, Romeo en Juliet en ander rolle. Hul laaste optrede saam was op 16 September 1988 in Baroque Pas de Trois – Fonteyn was 69 en Nureyev 50.
Hy het ook lank saam met Eva Evdokimova gedans. Hulle was in 1971 die eerste saam in La Sylphide. Sy was 15 jaar lank sy gunsteling-mededanser in baie gas- en toeroptredes oor die wêreld heen saam met "Nureyev and Friends".
Die Nureyev-fenomeen duimnael|240px|links|Nureyev omstreeks 1974 in sy aantrekkamer, deur Allan Warren.
Mense wat die Nureyev-fenomeen akkuraat beskryf het, was John Tooley, voormalige direkteurgeneraal van die Royal Opera House in Londen; Pierre Bergé, voormalige voorsitter van Opéra Bastille, een van die venues van die Paryse Operaballet; en Manuel Legris, hoofdanser van die Paryse Operaballet wat deur Nureyev in New York benoem is.
Tooley het geskryf Nureyev het baie arm grootgeword en moes drie tot vyf jaar se balletopleiding aan ’n hoëvlakballetskool ontbeer; dit het hom die wilskrag gegee om die maksimum tegniese vaardighede baas te raak en die beste danser te word, wat deur sy hele loopbaan daaraan gewerk het om perfek te wees.Sir John Tooley – Nureyev's influence on the development of Ballet in the West, amptelike webtuiste, Rudolf Nureyev-stigting. Die uitdaging aan alle dansers wat saam met hom gewerk het, was om dieselfde te doen en net so toegewy te wees.
Nureyev was 17 toe hy aan die Waganowa-balletakademie ingeskryf het en het net drie jaar daar gebly, in teenstelling met ander dansers wat later hoofdansers geword het – hulle het op nege aangesluit en nege jaar se opleiding deurgemaak.
Wladimir Wasilijef, wat saam met Nureyev by die Bolsjoi was en saam met hom en Mikhail Baryshnikov as een van die drie topdansers beskou word, het byvoorbeeld in 1949 by Waganowa aangesluit en in 1958 saam met Nureyev klaargemaak. Baryshnikov was, nes Nureyev, net drie jaar daar – van 1964 tot 1967.
Dit is dus ironies dat beide Nureyev en Baryshnikov meesters van perfeksie in ballet geword het.Michael Gard (2006). Men who Dance: Aesthetics, Athletics & the Art of Masculinity, New York, Peter Lang Publishing Inc., p. 65.Mikhail Baryshnikov, biografie, webtuiste van die Kennedysentrum. Dans en die lewe was vir hulle een en dieselfde ding. Soos Nureyev dit gestel het: "Ek benader dans uit ’n ander hoek as dié wat op agt of nege jaar begin dans het. Hulle wat van die begin af opleiding gekry het, het nooit iets bevraagteken nie."Rudolf Nureyev's childhood in Russia, aanhaling van Rudolf Nureyev, amptelike webtuiste, Rudolf Nureyev-stigting.
Pierre Bergé het oor hom gesê: "Hy was ’n danser nes enige ander danser. Dit is buitengewoon om 19 uit 20 punte te hê. Dit is besonder buitengewoon om 20 uit 20 te hê. Om 21 uit 20 te hê is selfs meer buitengewoon. En dit was die situasie met Nureyev."Il était danseur comme les autres. C'est formidable d'avoir 19 sur 20. C'est très rare d'avoir 20 sur 20. Mais, d'avoir 21 sur 20, c'est encore beaucoup plus rare. Et ça, c'était le cas de Noureev. » (Pierre Bergé se oorspronklike aanhaling). "The Lord of the Dance, Rudolf Nureyev died this evening" aankondiging deur Christine Ockrent, "Le soir", 6 Januarie 1993 op France 3