Die Kawasaki Ki-61 was 'n enkelsitplek, monovlerk Japannese vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig het 'n omwenteling in Japannese vliegtuigontwerp teweeg gebring. Die standaard op daardie stadium was lugverkoelde stermotors, maar die Ki-61 was toegerus met 'n inlynvloeistofverkoelde Daimler-Benz 601A motor, gebou onder lisensie. Die vliegtuig was gebou vir spoed. Toe die Geallieerdes die vliegtuig die eerste keer teëkom, het hulle gedink dat dit 'n Duitse of Italiaanse vliegtuig moet wees wat onder lisensie gebou is. Die Geallieerdes het die bynaam Tony vir die vliegtuig gegee.
duimnael|regs|280px|'n Ki-61 van die 149ste eskader, gefotografeer in Ashiya na die oorlog. Die rede vir die drastiese verandering was dat dr. Richard Vogt vanaf 1923 tot 1933 vir Kawasaki gewerk het as ontwerphoof. Hy is in 1933 terug na Duitsland waar hy by Blohm und Voss dieselfde pos gevul het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Kawasaki was daarna nog lank beïnvloed deur sy werk.
Die Ki-61 was in diens vanaf Augustus 1942 tot aan die einde van die oorlog, maar het dit algaande al hoe meer verouder geraak.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Kawasaki Ki-61: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Kawasaki Ha-40 V-12vloeistofverkoelde motor Kraglewering per motor 1 175 perdekrag Vlerkspan 12,0 m Lengte 8,95 m Hoogte 3,7 m Vlerkoppervlakte 20,0 m2 Maks. opstygmassa 3 470 kg Maksimumsnelheid 560 km/h Operasionele hoogte 10 000 m Togafstand 1 900 km Klimvermoë 675 m per minuut Bewapening Twee 12.7 mm masjiengewere bo motor twee 20 mm kanonne in die vlerke
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog