Arsenopiriet (ook arseenpiriet) is 'n mineraal met formule .
Gouderts Arsenopiriet is veral belangrik omdat dit dikwels saam met goud aangetref word. Ná sulfiede is arsenopiriet die tweede gasheermineraal vir goud. Arsenopiriet met 'n goudgehalte tot 15 200g/t is in Villerange in Frankryk gevind.The Chemistry of Gold Extraction. SME, 2006, , Daar word dikwels gepraat van 'onsigbare goud' omdat dit dalk in die arsenopiriet self opgelos of as goud-nanodeeltjie in die mineraal ingeslote is.
Navorsing met Mössbauerspektroskopie en met XANES het getoon dat goud waarskynlik opgelos in arsenopirie teenwoordig is en daar kovalent gebonde is. Dit is nogtans moeilik om te bepaal watter oksidasietoestand die opgeloste goudatome besit.Chemical speciation of gold in arsenopyrite. Canadian Mineralogist 38, 2000, 1265-1281 Die oksidasietoestand 3+ kan nogtans uitgesluit word en hulle vervang dalk die ysteratome.
Kristalstruktuur Die struktuur van arsenopiriet is verwant aan markasiet s'n. Pleks van -anioonpare het dit -pare en die simmetrie is laer. Die ysteratome het drie As-bure en drie S-bure in 'n effens vervormde oktaëdriese omringing. Die arsenopirietstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se E0-struktuur.
Verwysings
Kategorie:Sulfiedminerale