Die Onegameer (Russies: Оне́жское о́зеро, Onezhskoe ozero, [ɐˈnʲɛʂskəɪ ˈozʲɪrə]; Fins: Ääninen of Äänisjärvi; Karelies: Oniegu of Oniegu-järve; Wepsies: Änine of Änižjärv) is die tweede grootste meer in Europa ná die Ladogameer met 'n oppervlakte van 9 700 km² en is in Noordwes-Rusland naby Petrozawodsk geleë. Dit word deur die Swirrivier met die naburige Ladogameer verbind, wat weereens deur die Newarivier met die Oossee verbind word. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind. Die Wolga verbind die Onegameer oor 'n kanaal met die Kaspiese See en deur die Wolga-Don-kanaal is ook die Swartsee en die Middellandse See toeganklik. Daarbenewens word die Onegameer via die Ladogameer deur die Wuoksirivier met die Saimaameer in Finland verbind.
duimnael|links|Petrozawodsk se oewer aan die Onegameer Belangrike stede rondom die Onegameer sluit in Kondopoga, Medwezhyegorsk, Petrozawodsk, Pindoesji en Powenets. In die meer is 1 369 eilande geleë, waarvan Kizji die bekendste is. Dié eiland se houtkerke, -kapelle en -huise is in 1990 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. In 2021 is rotstekeninge rondom die Onegameer en die Witsee as Unesco-wêrelderfenisgebiede gelys.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Mere in Europa Kategorie:Mere in Rusland