Clout (1977–1981) was 'n Suid-Afrikaanse vroue-rockgroep met Cindy Alter as hoofsanger. Hulle liedjie Substitute was lank boaan trefferlyste in Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland, Duitsland, Frankryk, Nederland, Swede, Oostenryk, Denemarke en België.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Van hulle ander treffers is Save Me, You've Got All of Me en Under Fire.

Die groep is in 1977 in Johannesburg gestig en debuteer met 'n weergawe van Russ Ballards se Since You've Been Gone. In 1978 word hulle internasionaal bekend met Substitute, 'n onbekende liedjie van die Righteous Brothers wat deur Willie Wilson gekomponeer is. Clout is in 1981, kort ná die vrystelling van die enkelsnit Portable Radio, ontbind.

Groeplede Cindy Alter – hoofsanger, kitaar Glenda Hyam – sang, sleutelbord Lee Tomlinson – bas, sang Ingrid Herbst – tromme, sang Jenni Garson – kitaar, sang Ron Brettell – sleutelbord Sandy Robbie – kitaar Gary van Zyl – bas

Diskografie Albums 1978: Substitute 1979: Six of the Best 1980: A Threat and a Promise 1981: 1977 to 1981 1992: Substitute (compilatie, alleen in Nederland uitgebracht) 1992: 20 Greatest Hits

Enkelspelers Substitute (1978) You've Got All of Me (1978) Save Me (1979) Ms America (1979) Under Fire (1979) Oowatanite (1980) Portable Radio (1980) Wish I Were Loving You (1981)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe