Kurt Cobain (1967–1994) was ’n Amerikaanse sanger en liedjieskrywer van die groep Nirvana, wat ’n nuwe rockmusiekstyl bekend as grunge ontwikkel het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dié musiek was veral in die vroeë 1990's gewild gewees. Hy is ook as die stem van Generasie X beskryf.Azerrad, Michael. "Inside the Heart and Mind of Nirvana". Rolling Stone. 16 April 1992. Cobain was met die sangeres-aktrise Courtney Love getroud en het in 1994 op 27-jarige ouderdom selfmoord gepleeg.

Lewensloop Kurt Donald Cobain is op 20 Februarie 1967 in Aberdeen, Washington gebore. Sy ouers skei toe hy 9 was. Vanaf sy tweede jaar op hoërskool het hy saam met sy ma begin woon. Aan die einde van 1986 het hy in 'n woonstel ingetrek. Hy het gereeld na Olympia gereis om rockkonserte by te woon.

Cobain het Courtney Love in 1990 ontmoet. Hulle trou in 1992 in Hawaii nadat sy met sy kind, Frances Bean Cobain, swanger geword het.

Hy is met aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring en bipolêre gemoedsteuring gediagnoseer en het reeds in sy tienerjare dwelms begin gebruik. Hy het ook kroniese brongitis gehad en het probeer om sy ongediagnoseerde maagtoestand met dwelms te behandel. Later in sy loopbaan is hy verskeie kere vir sy verslawing in inrigtings opgeneem. Die laaste keer het hy na sy huis ontsnap. Hy het selfmoord gepleeg deur 'n oordosis heroïen te neem en homself met 'n geweer te skiet.

Sien ook 27-Klub

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Sterftes in 1994