Sydney Clouts (1926–1982) was ’n Suid-Afrikaanse digter. Sy bundels sluit in One Life en Collected Poems.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Clouts is in 1926 in Kaapstad gebore. Hy studeer aanvanklik regte aan die Universiteit van Kaapstad, maar verskuif sy fokus en skryf 'n magistertesis oor Suid-Afrika se Engelse Letterkunde aan die Rhodes-universiteit. Hy het later 'n kwalifikasie as bibliotekaris in Londen verwerf.
Clouts was die skrywer van 'n digbundel getiteld One Life in 1966 wat ook in die New Coin-reeks gepubliseer is. In 1967 ontvang hy die Ingrid Jonkerprys en in 1968 die Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde vir dié bundel. 'n Versameling van Clout se gedigte (wat deur M. en C. Clouts geredigeer is) is postuum gepubliseer, getiteld Sydney Clouts: Collected Poems (1984). In Oktober 1984 het die joernaal English in Africa 'n Sydney Clouts-memorial issue uitgegee.Clouts, Sydney, Encyclopaedia of South African, Arts, Culture and Heritage, besoek op 15 Julie 2017
Hy is in 1982 op 56-jarige ouderdom oorlede.
Werke One Life (1966) Sydney Clouts: Collected Poems (1984, postuum),
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 1982