Die bontkouterieook: bontaalwee, bontaalwyn, kus-beestong (Gasteria acinacifolia (J.Jacq.) Haw.) is 'n sukkulent wat endemies aan die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika is. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Hierdie is die grootste spesie van die genus Gasteria en kom net aan die kus voor. Die plante se rosette kan 75 cm hoog en 65 cm in deursnee word. Die spiesvormige blare word 60 cm lank en 4,5 -10 cm breed aan hul basis. Hulle is glad en het wit kolle wat in sydelingse bande aangetref word. Hulle blomme word dikwels deur suikerbekkies besoek. Hulle hang soos pypies aan 'n lang stingel.

Fotogalery

Verwysings

acinacifolia Kategorie:Aalwyne Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika