Die Bybel bevat die volgende geslagsregisters:

Genesis 5 Adam tot Noag. Dit bevat ook die ouderdom van elke persoon. Hierdie kan gebruik word om uit te werk hoe lank Noag ná Adam geleef het.

Genesis 10 Sem, Gam en Jafet se geslagsregister.

Genesis 11 Van Sem tot by Abraham. Dit bevat ouderdomme van elke persoon.

1 Kronieke 1-9 1 Kronieke 1 tot 1 Kronieke 9 bevat geslagsregister van verskeie mense.

Rut 4:18-22 Van Peres tot Dawid

Matteus 1 Die geslagsregister van Jesus deur sy vader, Josef. Dit begin by Abraham en eindig met Jesus. Dit is slegs 'n lys en bevat geen ouderdomme van mense nie.

Lukas 3 Die geslagsregister van Jesus deur sy moeder, Maria. Dit begin by Jesus en werk terug tot by Adam en sluit af met: "...seun van Enos, seun van Set, seun van Adam, die seun van God." Soos Matteus is dit slegs 'n lys en bevat geen ouderdomme van mense nie.

Sien ook Kreasionisme Kronologie van die Bybel

Eksterne skakels Belangrike Bybelse datums

Kategorie:Bybelse mense Kategorie:Genealogie