Die brosplakkie (Adromischus filicaulis (Eckl. & Zeyh.) C.A.Sm.) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika.

Daar word twee subspesies erken, hoewel die verskille klein is: Adromischus filicaulis (Eckl. & Zeyh.) C.A.Sm. subsp. filicaulis LC Adromischus filicaulis (Eckl. & Zeyh.) C.A.Sm. subsp. marlothii (Schönland) Toelken LC

Op die SANBI-rooilys word altwee as 'veilig' gelys.

A. f. filicaulis word van die Richtersveld tot die Knersvlakte aangetref, A. f. marlothii in die Klein Karoo van Worcester tot Oudtshoorn en die Groot Karoo van Laingsburg tot Beaufort-Wes. A. f. filicaulis is effens groter met stamme wat 7-12 mm in deursnee en 35 cm lank word. A. f. marlothii het stamme 3-8 mm in deursnee. Die blare in 2-8 cm lank en 5-15 mm breed.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Adromischus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika