Alpha Arae (α Arae, afgekort as Alpha Ara of α Ara) is die tweede helderste ster in die suidelike sterrebeeld Altaar (Ara). Met ’n gemiddelde skynbare magnitude van 2,93 is dit in die Suidelike Halfrond redelik sigbaar met die blote oog. Die ster is sowat 270 ligjare van die Son af. Die visuele magnitude verminder met 0,1 magnitude vanweë die absorpsie en verspreiding van straling deur gas en stof.
Eienskappe Alpha Arae het ’n sterreklassifikasie van B2 Vne, wat aandui dit is ’n massiewe B-tipe hoofreeksster. Die "n" in die agtervoegsel dui daarop dat die absorpsielyne in die ster se spektrum uitgesprei en newelagtig lyk vanweë die Doppler-effek van ’n vinnige rotasie. Die rotasiesnelheid word so hoog geraam as . Meilland et al. (2007) raam die pole van die ster lê teen ’n hoek van 55° met die waarnemingslyn, en dit gee ’n ekwatoriale asimutsnelheid van . Dit is naby die kritieke snelheid waar die ster sal begin uitmekaarval. Die vinnige rotasie veroorsaak ’n duidelike ewenaarbult van sowat 2,4-2,7 keer die poolradius.
Die "e" in die klassifikasie dui daarop dit is ’n Be-ster. Dit beteken emissielyne kan in die ster se spektrum gesien word wat kom van ’n skyf materiaal wat uit die ster skiet vanweë die vinnige rotasie.To Be or Not to Be: Is It All About Spinning?: VLTI Discerns How Matter Behaves in Disc Around a Be Star , ESO-persverklaring 35/06, 20 September 2006. Besoek op 12 Desember 2008. In 2003 en 2005 is Alpha Arae deur infrarooi-interferometrie waargeneem. Die resultate, wat in 2005 en 2007 gepubliseer is, dui skynbaar daarop dat Alpha Arae omring word deur ’n digte ekwatoriale skyf materiaal en dat dit massa by die pole verloor as gevolg van ’n poolwind met ’n terminale snelheid van sowat 1 000 km/s. Daar is ook moontlike bewyse dat Alpha Arae op 0,7 AE omsirkel word deur ’n metgesel-ster.
Die ster se massa is sowat 9,6 keer dié van die Son, en sy radius gemiddeld 4,5 keer die Son s'n. Dit is 5 800 keer so helder as die Son; sy oppervlaktemperatuur is 18 044 K. Dié hitte gee Alpha Arae die blouwit skynsel van ’n B-tipe ster. Dit is ’n veranderlike ster met ’n magnitude wat tussen 2,76m en 2,9 wissel.
Alpha Arae het ’n visuele metgesel, CCDM J17318-4953B, wat sowat 50 boogsekondes van hom af lê teen ’n posisiehoek van 168°, met ’n skynbare magnitude van sowat 11.Entry 17318-4953, The Washington Double Star Catalog , United States Naval Observatory. Besoek op 26 November 2008. Dit lyk of die twee sterre per toeval naby mekaar voorkom en nie werklik naby mekaar in die ruimte is nie.
Verwysings
Eksterne skakels Foto van Alpha Arae by Aladin
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Altaar (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:B-tipe hoofreekssterre