Delta Arae (δ Arae, afgekort as Delta Ara of δ Ara) is ’n dubbelster in die suidelike sterrebeeld Altaar (Ara). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,62 en is met die blote oog sigbaar. Die ster is sowat 198 ligjare van die Son af.

Delta Arae is ’n swaar B-tipe hoofreeksster met ’n sterreklassifikasie van B8 Vn. Die "n" in die agtervoegsel dui daarop dit het absorpsielyne wat uitgesprei is omdat die ster vinnig roteer. Dit het ’n rotasiesnelheid van 255 km/s, wat aanleiding gee tot ’n ewenaarbult met ’n radius van 13% groter as die poolradius. Delta Arae het ’n G-tipe metgesel-ster met ’n magnitude van 9,5 wat dalk ’n dubbelsterstelsel vorm.

Daar is ook ’n optiese metgesel met ’n skynbare magnitude van 12 wat 47,4 boogsekondes ver lê.

Verwysings

Eksterne skakels HR 6500

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Altaar (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:B-tipe hoofreekssterre Kategorie:G-tipe hoofreekssterre