Die goeiekarooook: Alsbossie, Ankerkaroo, Gansie, Gansogiebos, Goedkaro, Karobos, Karoobossie, Kleingansie, Kortbeenkaroo, Rooikarobos, Skaapbossie, Skaapkaroo, Soetkaroo, Vaalkaroo, Vleikaroo, Witkaroobos(Pentzia incana) is 'n plant wat inheems aan Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwehttps://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:236837-1 is. Dit kom wydverbreid in die Sukkulente Karoo, Nama-Karoo, renosterveld en fynbos voor en word op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.

Die plant is ingevoer in Australië.

Dit is 'n grys, donsige struik wat tot 60 cm hoog word. Die stamtakke is stygend en fyn bekleed met vesels. Blare staan dikwels in bundels bymekaar. Hulle is omgekeerd eier- of wigvormig 3-9 mm lank en 1 tot 2 keer verdeel. Die blomme is geel en lyk soos kamille s'n.

Dit het redelike beweidingswaarde:

Goeiekaroo is 'n voedselplant vir 'n paar Lepidoptera-spesies soos Vanessa cardui, Cucullia nigrilinea en Loxostege frustalis.

Verwysings

incana Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe