Beta Arae (afgekort as β Ara) is met ’n skynbare magnitude van 2,8 die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Altaar (Ara). Dit is sowat 650 ligjare van die Son af.
Die ster het ’n sterreklassifikasie van K3 Ib-IIa met die ligsterkteklas "Ib-IIa", wat daarop dui dit is halfpad tussen ’n helder reus (IIa) en ’n superreus (Ib). Dit is twee van die evolusionêre stadiums waardeur ’n ster met ’n groot massa gaan nadat dit al die waterstof in sy kern opgebruik het. Beta Arae het ’n oppervlaktemperatuur van 4 200 K, wat meebring dat dit die oranje skynsel van ’n K-tipe ster het.
Dit lyk of hierdie vergrote ster stadig roteer teen ’n snelheid van sowat . Sy hoeveelheid elemente swaarder as waterstof en helium, wat sterrekundiges metale noem, is drie keer so groot as in die Son.
Verwysings
Eksterne skakels
HR 6461 Foto van Beta Arae by Aladin
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Altaar (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe superreuse Kategorie:K-tipe helder reuse