duimnael|links|140px|γ1 is ster "A" en γ2 die driedubbele ster regs.
Gamma Andromedae (afgekort as γ And), is 'n veelvoudige ster wat sowat 350 ligjare van die Son af geleë is.01578+4151 , database entry, MSC - a catalogue of physical multiple stars, A.A. Tokovinin, CDS database ID J/A+AS/124/75. Dit is die derde helderste ligpunt in die sterrebeeld Andromeda.
In 1778 het Johann Tobias Mayer ontdek dat γ Andromedae ’n dubbelster is. Wanneer dit deur ’n klein teleskoop waargeneem word, lyk dit soos ’n helder, goudgeel ster (γ1 Andromedae) en ’n dowwer, blouerige ster (γ2 Andromedae) sowat 10 boogsekondes uitmekaar.
γ1 Andromedae staan ook bekend as Almach, tardisioneel die naam van die hele stelsel. Dit is afgelei van die Arabiese woord vir rooikat.
Dit is gewild onder sterrekykers as ’n pragtige dubbelster met ’n treffende kleurkontras.pp. 113–114, vol. 1, Burnham's Celestial Handbook: An Observer's Guide to the Universe Beyond the Solar System, Robert Burnham, New York: Courier Dover Publications, 1978, . Later is ontdek dat γ2 Andromedae self ’n driedubbele sterstelsel is. Wat dus met die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is inderwaarheid ’n stelsel met vier sterre.
Name duimnael|links|240px|γ Andromedae is duidelik sigbaar net bo die teleskoop, in die middel.
Die ster se Bayer-naam is "Gamma Andromedae" en sy Flamsteed-naam "57 Andromedae". Die tradisionele naam, "Almach" (ook gespel Almaach, Almaack, Almak, Almaak of Alamak), kom van die Arabiese العناق al-‘anāq, "die rooikat".p. 23, Star tales, Ian Ridpath, James Clarke & Co., 1989, .
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Almach" vir die ster Gamma Andromedae A goedgekeur omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Eienskappe γ1 Andromedae is ’n helder reusester met ’n sterreklassifikasie van K3 IIb. Dit het ’n skynbare magnitude van sowat 2,26.
γ2 Andromedae, met ’n algehele skynbare magnitude van 4,84, is 9,6 boogsekondes van γ1 Andromedae geleë teen ’n posisiehoek van 63 grade.
In Oktober 1842 het Wilhelm Struve ontdek γ2 Andromedae is self ’n dubbelster waarvan die komponente minder as ’n boogsekonde van mekaar af lê.p. 36–37, Star-names and Their Meanings, Richard Hinckley Allen, New York: G. E. Stechert, 1899. Hulle het ’n wentelperiode van sowat 64 jaar.Inskrywing 02039+4220, Sixth Catalog of Orbits of Visual Binary Stars , William I. Hartkopf & Brian D. Mason, United States Naval Observatory. Besoek op 21 Augustus 2007. Spektrogramme wat tussen 1957 en 1959 geneem is, het onthul γ Andromedae B is self ’n spektroskopiese dubbelster; dit bestaan uit twee B-tipe hoofreekssterre wat om mekaar wentel, met ’n periode van 2,67 dae.
Verwysings
Eksterne skakels Almaak (Gamma Andromedae) by The Internet Encyclopedia of Science Almaak by AstroDwarf
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Andromeda (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veelvoudige sterre Kategorie:B-tipe hoofreekssterre Kategorie:K-tipe helder reuse Kategorie:A-tipe hoofreekssterre