Mirach (ook bekend as Beta Andromedae of β And) is ’n prominente ster 197 ligjare van die Son af in die noordelike sterrebeeld Andromeda. Dit lê noordoos van die Groot Vierkant van Pegasus. Dit word algemeen deur sterrekykers gebruik om die Andromeda-sterrebeeld te vind. Die sterrestelsel NGC 404, ook bekend as Mirach se Spook, kan sewe boogminute van daar af gesien word.

Die ster het ’n gemiddelde skynbare magnitude van 2,05, wat dit die helderste ster in die sterrebeeld maak. Die magnitude wissel egter effens tussen 2,01 en 2,1.NSV 414 , database entry, table of suspected variable stars, Combined General Catalog of Variable Stars (GCVS4.2, 2004 red.), N.N. Samus, O.V. Durlevich, et al., CDS ID II/250. Die skynbare magnitude word met 0,06 verminder deur gas en stof tussen die Aarde en die ster.

Eienskappe Beta Andromedae is ’n rooireus met ’n sterreklassifikasie van M0 III. Sedert 1943 dien die ster se spektrum as een van die stabiele verwysingspunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word. Daar word vermoed dit is ’n halfreëlmatige veranderlike, waarvan die skynbare magnitude tussen 2,01 en 2,1 wissel. In hierdie stadium van die ster se evolusie het dit uitgesit tot omtrent 100 keer die grootte van die Son. Sy ligsterkte is 1 995 keer dié van die Son en sy oppervlaktemperatuur 3 842 K.

Name Die ster se Bayer-naam is "Beta Andromedae" en sy Flamsteed-naam "43 Andromedae". Die tradisionele naam is "Mirach", met verskeie variasies soos Mirac, Mirar, Mirath, Mirak, ens. Dit kom van die Arabiese مئزر mīzar, "gordel", en verwys na die ster se posisie aan die linkerheup van prinses Andromeda.Mirach, MSN Encarta. Besoek op 19 Augustus 2008. Geargiveer 2009-10-31.

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Mirach" vir die ster goedgekeur.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Andromeda (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename‎ Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Gliese-voorwerpe Kategorie:M-tipe reusesterre