Dr. Jane Elizabeth Waterston (1843 – 7 Desember 1932) was die eerste vrouedokter in Suid-Afrika. Sy is in Inverness, Skotland gebore. Sy kom in 1867 in die Kaap aan en werk as onderwyseres by Lovedale. Ses jaar later keer sy terug na Brittanje om haar as verpleegster te bekwaam en toe as dokter. Dit was egter nie vir haar moontlik om haar graad daar te verwerf nie en sy doen dit toe in Brussel. Sy keer in 1883 terug na die Kaap en was die eerste vrouedokter in die land. Daar het sy 'n groot praktyk opgebou. Sy het ook baie gedoen om die lyding tydens die Tweede Vryheidsoorlog te verlig. Sy is in 1932 oorlede.

Bron duimnael|links|Waterston met haar studente. Die foto is voor 1932 geneem. Rosenthal, Eric, Ensiklopedie van Suidelike Afrika, 1967

Eksterne skakels

Kategorie:Skotte Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse snydokters Kategorie:Geboortes in 1843 Kategorie:Sterftes in 1932