Abernathyiet is 'n mineraal met formule ·3. Dit word in Frankryk, Duitsland, Pole en die Verenigde State aangetref. In Suid-Afrika word dit in die sentrale Karoo naby Beaufort-Wes in die provinsie Wes-Kaap gevind.
Die mineraal is genoem na Jesse Evrett Abernathy (7 September 1913 – 5 November 1963, Moab, UT, VSA). Hy was 'n amateurmineraloog en steenslyper. Hy het vir die Fumarole-myn gewerk, waar die mineraal die eerste keer gevind is.
Struktuur Die mineraal het 'n gelaagde struktuur wat verwant is aan autuniet se struktuur. Daar is lae wat bestaan uit afwisselende uranilione () en arsenaatsione (). Saam vorm hulle -lae. Die uranilioon is lineêr -dit lê op 'n viertallige as en is loodreg aan die uranilarsenaatlae. Die uraniumatoom het naas die twee uranilsuurstofatome bo en onder nóg vier suurstofbure van sy arsenaatbure. Die arsenaatione is in 'n effens vervormde tetraëder.
Tussen die uranilarsenaat-ione word watermolekule en kaliumione aangetref in effens lukrake posisies.
Verwysings
Kategorie:Minerale