Dr. John Medley Wood (1 Desember 1827 – 26 Augustus 1915) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Hy is in 1827 in Nottinghamshire gebore. Hy bring sewe jaar op die see deur voordat hy hom in 1852 in Natal vestig. Hy boer vir 30 jaar en 1882 word hy aangestel as Direkteur van die Durban Botaniese Tuin asook kurator van die Koloniale Herbarium. Hy was redakteur van Natal Plants en het baie geskryf.

Sy botaniese handtekening is J.M.Wood.

Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Bron Rosenthal, Eric, Ensiklopedie van Suidelike Afrika, 1967

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Geboortes in 1827 Kategorie:Sterftes in 1915