Die Dewoitine D.520 was 'n Franse enkelsitplek, eenmotorige vegvliegtuig wat deur die Armée de l'Air gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dié vliegtuig was by verre die Franse Lugmag se beste vliegtuig en produksie was op volle sterkte met die uitbreek van die oorlog. Van die vliegtuie was in diens toe Frankryk deur Nazi-Duitsland oorgeneem is. Die aktiewe vliegtuie het 147 Duitse vliegtuie afgeskiet; dit sluit Henschel 126'e, Messerschmitt Bf 109's, Messerschmitt Bf 110's en Heinkel He 111's in.

Na die val van Frankryk het die Vichy-regering die Dewoitine D.520 met sukses ingespan teen die Geallieerdes tydens hulle landings in 1941 in Sirië en in Noord-Afrika in 1942. Produksie van die D.520 is volhou in die besette Frankryk en die vliegtuie is afgelewer aan die Luftwaffe asook Italië, Roemenië en Bulgarye. Die Luftwaffe het die vliegtuig ingespan as 'n vegteropleidingsvliegtuig. Al hierdie vliegtuie is weer deur die Franse Magte oorgeneem na die D-dag landings; die Duitse merke is oorgeverf en teen hulle gebruik in die suide van Frankryk. Die Franse Lugmag het die vliegtuig bedryf tot 1953.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Dewoitine D.520: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Hispano-Suiza 12Y-45 12-silinder, vloeistof verkoel Kraglewering per motor 850 perdekrag Vlerkspan 10,2 m Lengte 8,76 m Hoogte 2,57 m Vlerkoppervlakte 15,95 m2 Maks. opstygmassa 2 790 kg Maks. snelheid 535 km/h Operasionele hoogte 10 250 m Togafstand 1 540 km Klimvermoë 4 000 m in 5 minute en 48 sekondes Bewapening Een 20 mm kanon (vuur deur skroef) vier 7,5 mm masjiengewere in vlerke.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog