Willem Hendrik van den Bos (25 September 1896, Rotterdam – 30 Maart 1974) was 'n Suid-Afrikaanse sterrekundige. Hy verwerf sy doktorsgraad in Leiden en werk daarna by die Uniesterrewag in Johannesburg.

In 1927 word hy aangestel as hoof-assistent en in 1941 as Unie-sterrekundige, 'n pos wat hy tot en met sy aftrede beklee. Hy was 'n wêreldleier oor dubbelsterre. Hy is deur die Internasionale Sterrekundige Unie aangestel as President van die kommissie om dubbelsterre te bestudeer.

Bron Rosenthal, Eric, Ensiklopedie van Suidelike Afrika, 1967

Kategorie:Suid-Afrikaanse sterrekundiges Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Nederland Kategorie:Geboortes in 1896 Kategorie:Sterftes in 1974