Die Fokker D.XXI was 'n vegvliegtuig wat deur Fokker gebou is vir die Militaire Luchtvaart van het Koninklijk Nederlandsch-Indisch Leger (ML-KNIL). Dit het die standaardvegter geword vir drie lande: Nederland, Finland en Denemarke. Die eerste van die Nederlandse Lugmag se vliegtuie het in mid-1938 gevlieg en almal is vroeg in September 1938 afgelewer. Toe Duitsland Nederland binnegeval het in Mei 1940, het Nederland oor 28 Fokker D.XXI's beskik. In die vyf dae voor Nederland oorgegee het, het die Nederlandse vlieëniers teen 'n oormag geveg. Op 10 Mei het hulle 37 Junkers Ju 52 vragvliegtuie op een oggend vernietig. Die vlieëniers het aangehou veg totdat hulle ammunisie opgeraak het.
Finland het die vliegtuig onder lisensie vervaardig vanaf 1939 tot 1944. Sommige van die modelle is verander om die Pratt and Whitney Twin Wasp Junior motor van 825 perdekrag of die Bristol Peagsus motor te kan gebruik. By al die Finse vliegtuie was vier masjiengewere in die vlerke gemonteer. Hulle was ook toegerus met ski's in die winter.
Denemarke het beide Nederlands- en Deensvervaardigde vliegtuie gebruik.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Fokker D.XXI: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Bristol Mercury VII 9-silinder, stermotor Kraglewering per motor 830 perdekrag Vlerkspan 11,0 m Lengte 8,2 m Hoogte 2,95 m Vlerkoppervlakte 16,72 m2 Maks. opstygmassa 2 050 kg Maksimumsnelheid 460 km/h Operasionele hoogte 11 000 m Togafstand 950 km Klimvermoë 3 000 m in 3½ minute Bewapening Vier 7,9 mm masjiengewere: 2 in die vlerke en 2 bokant die motor
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog