Senegambië, amptelik die Konfederasie Senegambië (Engels: Senegambia Confederation, Frans: Confédération de Sénégambie), was 'n los konfederasie tussen die Wes-Afrikaanse lande Senegal en Gambië, wat omtrent geheel en al omring word deur Senegal, behalwe vir die uitgang na die see. Die konfederasie is gestig op 1 Februarie 1982 ná 'n ooreenkoms tussen die twee lande van 12 Desember 1981. Volgens die ooreenkoms was die samesluiting van die gewapende magte, die geldeenheid en die ekonomiese gebied beplan. Die konfederasie is na die histories-geografiese streek Senegambië genoem.
duimnael|links|Ligging van die Konfederasie Senegambië in Wes-Afrika: Die federasie was bedoel om samewerking tussen die twee lande te bevorder, maar is deur Senegal op 30 September 1989 ontbind toe Gambië weier om nader aan 'n unie te beweeg.
Die naam verwys ook na die geografiese gebied om die twee lande wat die waterskeiding van beide die Sénégal- en Gambiërivier dek.
Sien ook Senegambië en Niger, 'n kortstondige administratiewe eenheid van Frans-Wes-Afrika wat in die 1900's bestaan het.
Verwysings
Bronne Idowu Bamitale Omole, De la coopération à la confédération : la Sénégambie : contribution à l'analyse de l'intégration politique régionale en Afrique, Université de Bordeaux I, Bordeaux, 1986, bl. 369 (thèse de 3e cycle) Sylvie Belaouane-Gherari et Habib Gherari, Les Organisations régionales africaines : recueil de textes et documents, La Documentation française, 1989, bl. 471 Momar Coumba Diop et Mamadou Diouf, Le Sénégal sous Abdou Diouf, Paris, Karthala, 1990, bl. 436 Thierno Soulèye Mbodj, La Confédération de la Sénégambie : réalités et perspectives, Université de Bordeaux 1, 1985, bl. 437 (thèse de 3e cycle d'Études africaines)
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Gambië Kategorie:Geskiedenis van Senegal