Raymond Greenberg was 'n Afrikaanse liedjieskrywer, sanger, radio-omroeper asook bestuurder vir verskeie Afrikaanse kunstenaars. Van sy werke wat al deur ander kunstenaars opgeneem is, sluit liedjies in soos Boererap, Platberg is nie Plat nie, en Drome van mense.
Om Afrikaanse musiek tot sy volle reg te help kom, het Raymond Greenberg besluit om die Afrikaanse Internet-radiostasie, Uitsaaines te begin, wat net Afrikaanse musiek speel, asook regstreekse Afrikaanse programinhoud aanbied, met omroepers van dwarsoor die wêreld.
Diskografie Gelukkig Wees, WILD HORSE Uniondale, WILD HORSE Platberg is nie Plat nie, 2003 KRAAI PROMOSIES
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici