Banjul 280px Kaart Wapen 180px|senter 90px|senter Vlag 75px|raam|senter Land Provinsie Banjul Koördinate Stigting 1816 Oppervlakte: - Totaal 12 vk km Hoogte bo seevlak 0 m Bevolking: - Totaal (2013) 34 828 - Bevolkingsdigtheid 2 900/vk km Tydsone UTC +0 - Somertyd UTC +0 Burgemeester Amptelike webwerf
duimnael|links|'n Uitsig oor Banjul vanaf Arch 22 duimnael|links|Banjulpont Banjul (voorheen Bathurst) is die hoofstad van Gambië. Die bevolking van die eintlike stad is slegs 34 828 maar die totale stedelike gebied is baie groter met 'n bevolking van 523 589 (2003-sensus). Dit is geleë op St Maryeiland (of Banjuleiland) waar die Gambiërivier in die Atlantiese Oseaan uitmond. Banjul is geleë by 13°28' Noord, 16°36' Wes (13.4667, -16.60).
Geskiedenis In 1816 stig die Britte Banjul as 'n handelspos en basis om slawehandel te onderdruk. Dit is eers Bathurst, genoem na Henry Bathurst, die sekretaris van die Britse Koloniale Kantoor, genoem, maar in 1973 na Banjul herdoop.
Op 22 Julie 1994 was Banjul die toneel van 'n staatsgreep. Om die gebeurtenis te herdenk is Arch 22 gebou as die ingangsportaal tot die hoofstad. Die hek is 35 meter hoog en is die middelpunt van 'n oop plein. Dit huisves 'n tekstiel museum.
Besienswaardighede in die stad sluit die Gambiese Nasionale Museum, die Albert Mark, Banjul Staatshuis, Banjul Court House, twee katedrale en verskeie groot moskees in.
Ekonomie Banjul is die hoof stedelik gebied van Gambië en vorm die land se ekonomiese en administratiewe middelpunt. As die vierde mees digbevolkte land in Afrika het Gambië meer as een stedelike gebied. Grondboontjie verwerking is die land se hoof nywerheid, maar byewas, palmhout, palmolie, en velle word ook uit die hawe verskeep.
Ponte seil van Banjul na Barra. Banjul Internasionale Lughawe is naby die stad geleë.
Eksterne skakels
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Gambië Kategorie:Hoofstede in Afrika