Gito Baloi (Maputo in Mosambiek, 1964 – Johannesburg, 4 April 2004) was 'n jazzmusikant en baskitaarspeler wat bekendheid in Suid-Afrika verwerf het as lid van die trio Tananas. Hy is om die lewe gebring deur 'n onbekende groep mans terwyl hy van 'n konsert af huis toe bestuur het. Hy word oorleef deur sy vrou, kunstenares Erika Hibbert, en sy kinders Lorha en Tiva.
Baloi is as 'n besondere goeie baskitaarspeler beskryf. Sy musiek is grootliks deur Mosambiekse jazz beïnvloed en hy het ook rympies in Sjangaan, Portugees en Ronga gesing.Tananas bied 'n diepe dimensie aan musiek , Die Burger, 27 Mei 1994.
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars Ian Herman Steve Newman
Eksterne skakels Musikant Gito Baloi in straat vermoor Bekendes huldig Baloi
Kategorie:Mosambiekse musici Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Sterftes in 2004