Conakry 270px Kaart Vlag 180px|center senter|75x75px Wapen senter|88x88px Land Provinsie Conakry Koördinate Gestig op 1887 Oppervlakte: - Totaal vk km Hoogte bo seevlak 1 m Bevolking: - Totaal (2008) 1 931 184 - Bevolkingsdigtheid /vk km - Metropolitaanse gebied Tydsone UTC +1 Burgemeester Conakry (ook Konakry, Malinké Kɔnakiri), bevolking 1 931 184 (2008), is 'n hawestad aan die Atlantiese kus, en die hoofstad van Guinee.
Geskiedenis Dit het ontwikkel op Tumbo-eiland op die punt van die Kaloumskiereiland, waaraan dit nou verbind is deur 'n landengte nadat die stad reeds lankal daarna uitgebrei het. Die stad is gestig nadat Brittanje die eiland in 1887 aan Frankryk afgestaan het. Dit word om en by 1904 die hoofstad van Guinée Française en maak opgang as 'n uitvoerhawe, veral nadat 'n (nou geslote) spoorlyn na Kankan open.
Conakry vandag links|duimnael Vandag het die stad langs die skiereiland gegroei om vyf hoofdistrikte te vorm. Van die punt in die suidweste is die distrikte: Kaloum (die middestad), Dixinn (insluitend die Universiteit van Conakry en baie ambassades), Ratoma (bekend vir sy naglewe), Matam en laastens Matoto, tuiste van die Gbessia Lughawe.
Besienswaardighede en toeristeaantreklikhede in die stad sluit in die Guinee Nasionale Museum, verskeie markte, die Guinea Palais du Peuple, Conakry Grand Mosque, die stad se naglewe en die naby geleë Iles de Los.
Die stad is bekend vir sy botaniese tuine. Die Polytechnical Institute of Conakry is ook in Conakry geleë.
Die straatnummeringskema van Conakry merk alle strate met KA, gevolg deur 'n driesyfergetal: onewe vir noord-suid strate en ewe vir oos-wes, b.v. KA002.
Ekonomie duimnael|links|Houerskeep in hawe by Conakry Conakry is Guinea se grootste stad en die administratiewe, kommunikasie- en ekonomiese middelpunt. Die stad se ekonomie wentel om die hawe, wat moderne geriewe vir die hantering en stoor van goedere het, waardeur alumina en piesangs verskeep word. Vervaardiging sluit voedselprodukte en motors in.
Verwysings
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Guinee Kategorie:Hoofstede in Afrika