Raymond "Ray" Charles Robinson (1930–2004) was ’n blinde Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en pianis wat in die 1950’s en 1960’s gewild was. Sy bekendste liedjies sluit in "Georgia" (1960) en "I Can’t Stop Loving You" (1962). Hy het ’n groot invloed op soul-musiek gehad.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop duimnael|links|Charles in 1990
Raymond Charles Robinson is op 23 September 930 in Albany, Georgia in die Verenigde State van Amerika gebore en het in Greenville, Florida grootgeword. Toe hy ses was het hy begin blind word en op sewe kon hy glad nie meer sien nie. Hy het nooit presies geweet wat dit veroorsaak het nie, hoewel sommige glo dat dit gloukoom was. Hy het by die St Augustine Skool vir Dowes en Blindes in St Augustine, Florida skoolgegaan. Daar het hy verskeie musiekinstrumente leer speel en ook musiek begin skryf.
Sy pa sterf terwyl hy op skool was en sy ma is ook vyf jaar later oorlede. Charles is op 10 Junie 2004 aan lewerversaking oorlede.
Diskografie duimnael|Charles in 1983
I Got a Woman (1954) What'd I Say (1959) Georgia on My Mind (1960) Hit the Road Jack (1961) One Mint Julep (1961) Unchain My Heart (1961) I Can't Stop Loving You (1962)
Filmografie Swingin' Along (1961), as homself Ballad in Blue (1965), as homself The Big T.N.T. Show (1966) (dokumentêr) [The Blues Brothers (1980), as Ray Limit Up (1989), as Julius Listen Up: The Lives of Quincy Jones (1990) (dokumentêr) Love Affair (1994), as homself Spy Hard (1996), as busbestuurder The Extreme Adventures of Super Dave (2000), as homself Blue's Big Musical Movie (2000), as die stem van G-Clef (sy laaste filmrol)
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2004