duimnael|300px|links|Die ou NG kerk Bezuidenhoutsvallei huisves nou (2017) die Kensington Community Fellowship. Die NG gemeente is reeds in 1980 by die NG gemeente Jeppestown ingelys weens die wegtrek van Afrikaanssprekendes.

Bezuidenhoutsvallei is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit staan in Engels bekend as Bezuidenhout Valley of kortom Bez Valley. Dit word in die noorde begrens deur Observatory en in die suide deur Kensington. In die weste grens dit aan Judith's Paarl en in die ooste aan Dewetshof.

Op 20 September 1861 het Frederik Jacobus Bezuidenhout die grond (die plaas Doornfontein) waarop die voorstad vandag geleë is, van die weduwee van die oorspronklike eienaar, B.P. Viljoen, gekoop en sy naam aan die gebied verleen. Dit lê tussen 'n lang heuwel wat bekend is as Observatory in die noorde en die Kensingtonrif in die suide. Voor die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) was die vrugbare vallei 'n beesplaas. In die middel daarvan het die water van Johannesburg-Sentraal ooswaarts deur 'n moeras gevloei, wat in alle seisoene oortrek van die gras was. Maar 10 jaar later was daar duisende huisdakke waarvan die water afgeloop het. Die donga het by 10de Straat begin en binne twee jaar vergroot tot by Eerste Straat.

Tydens die oorlog, toe die vallei onbewoon was, het die Britse troepe dit as 'n skietbaan gebruik met die gewere wat van Kensington af op teikens op Observatoryheuwel geskiet het. Aan die voet van die heuwel, naby Gillooly's Farm, het die geskiedkundige Bezuidenhout-opstal gestaan met 'n laning okkerneutbome, die enigste van hul soort in Johannesburg. Destyds was die heuwels oortrek van die wildepruimbome. Daarvan het niks oorgebly nie.

Bronne Potgieter, D.J. (ed.) 1970. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 2. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Johannesburg