250px Hoover-gebou

Western Avenue, Perivale Londen

Styl

Art Deco

Argitekte

Wallis, Gilbert and Partners

Opgerig

1932–1933

Die Hoover-gebou in Perivale, 'n voorstad in die Londense stadsdistrik Ealing (London Borough of Ealing), word as een van die uitstekendste voorbeelde van Art Deco-boukuns in die Britse hoofstad en die Verenigde Koninkryk beskou. Dit is oorspronklik in 1932 deur die argitekte-vennootskap Wallis, Gilbert and Partners as Londense fabriek- en kantoorkompleks vir die Amerikaanse stofsuiervervaardiger Hoover ontwerp.

duimnael|links|Hoofingang Die fasade van die laagliggende wit hoofgebou met twee verdiepings word deur massiewe suile in die Egiptiese styl in vyftien nisse verdeel; opvallend is die suile se versierings aan die bo- en onderkant. Ook die hoofingang is versier met Art Deco-stylelemente soos gestileerde sonstrale.

Nadat die fabriek in die vroeë 1980's gesluit is, het die Britse supermarkketting Tesco dit in 1989 gekoop om hier – volgens sy konsep van 'n "lewende museum" – 'n moderne supermark in die argitektoniese konteks van Art Deco-boukuns uit die 1930's te bedryf.

Eksterne skakels

Argitektuur en toerisme Modernist Britain – Hoover Factory, Greater London Time Out London – Seven Wonders of London: Hoover Building Hidden London – Fancy supermarket: The Hoover Building, Western Avenue, Perivale

Fotogalery flickr.com: Hoover (Factory) Building, Perivale

Kategorie:Geboue en strukture in Londen