Mohenjo-Daro (Sindhi: موئن جو دڙو, Oerdoe: موئن جو دڑو; letterlik "Heuwel van die Dooie Mans") is ’n argeologiese terrein in die provinsie Sindh, Pakistan. Dit is omstreeks 2500 v.C. gebou, en was een van die grootste nedersettings van die antieke Indusvalleibeskawing en een van die wêreld se eerste groot stede. Dit het bestaan in dieselfde tyd as die beskawings van Antieke Egipte, Mesopotamië, Minoïese Kreta en Norte Chico.
Mohenjo-Daro het in die 19de eeu v.C. leeggeloop namate die Indusvalleibeskawing agteruitgegaan het, en die terrein is eers in die 1920's herontdek. Aansienlike uitgrawings word sedertdien gedoen in die stad, wat in 1980 aangewys is as ’n Unesco-wêrelderfenisgebied. Die terrein word tans bedreig deur erosie en onbehoorlike restourasiewerk."Mohenjo Daro: Could this ancient city be lost forever?". BBC. 27 Junie 2012. Besoek op 27 Oktober 2012.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste Unesco-wêrelderfenisgebiede
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Indusvalleibeskawing Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Asië