Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 sou oorspronklik in Katar aangebied word, nadat op 2 Desember 2010 die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan dié land toegewys is. Daar is egter kommer uitgespreek oor die hoë temperature in Katar gedurende die somer (wat ook daartoe gelei het dat die Sokker-Wêreldbekertoernooi van sy tradisionele Junie-Julie-skedule na November-Desember verskuif moes word).
duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding sou word Dienooreenkomstig het FIFA op 25 Februarie 2015 amptelik aangekondig dat die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 na 'n ander land van die Asiatiese Sokkerkonfederasie verskuif sal word, sodat dit gedurende die tradisionele Junie-Julie-venster 2021 gehou kan word, sonder om nasionale ligas te onderbreek. As kompensasie is die aanbieding van 'n ander FIFA-toernooi, dalk die FIFA-Klubwêreldbeker 2021, in November-Desember 2021 in Katar voorgestel as 'n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022.
In Oktober 2017 het FIFA planne afgekondig om die Sokker-Konfederasiebeker teen 2021 af te skaf en dit met 'n vierjaarlikse 24-span FIFA-Klubwêreldbeker te vervang en laasgenoemde van Desember na Junie te skuif. Op 15 Maart 2019 het FIFA amptelik aangekondig dat die Sokker-Konfederasiebeker geskrap en met die FIFA-Klubwêreldbeker vervang sal word. Katar het wel die FIFA-Klubwêreldbeker in 2019 en 2020 in voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aangebied.
Deelnemende spanne Totdat die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 in Maart 2019 deur FIFA amptelik geskrap en met die FIFA-Klubwêreldbeker vervang is, het die volgende spanne vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 gekwalifiseer.
Span Konfederasie Gekwalifiseer as Gekwalifiseer op AFC Gasheer UEFA Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 15 Julie 2018 AFC Wenner van die Asië Nasiesbeker in 2019 1 Februarie 2019 CONCACAF Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2019 7 Julie 2019 CONMEBOL Wenner van die Copa América in 2019 7 Julie 2019 CAF Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2019 19 Julie 2019 UEFA Wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 2020 12 Julie 2021 OFC Wenner van die Oseanië Nasiesbeker in 2020
Verwysings
2021 Kategorie:Sport in 2021