Jeļena Ostapenko, ook bekend as Aļona Ostapenko (gebore in Riga, 8 Junie 1997), is 'n Letse tennisspeler. Sy het op vyf begin tennis speel. Haar gunstelingoppervlak is hardebaan. Sy speel regshandig en het 'n dubbelhand-rughand.
In 2015 kry sy 'n loslootjie om by die Wimbledon-kampioenskap te speel, wat haar grandslamdebuut inlui. Later daardie jaar speel sy die eerste keer tydens die Quebec-toernooi in 'n WTA-eindstryd. In 2016 vorder sy tot die eindrondte tydens die "Premier Five"-toernooi in Doha, en so ook in 2017 tydens die Charleston-toernooi.
In 2017 behaal Ostapenko haar eerste WTA-titel op die dubbelspeltoernooi in Sint Petersburg (saam met die Poolse Alicja Rosolska).
In 2017 wen sy ook die enkelspel op Roland Garros, haar eerste grandslamtitel, asook die eerste vir 'n speler uit Letland. Sy het eers vir Louisa Chirico, Mónica Puig, Lesja Tsoerenko en Samantha Stosur uitgestof, waarna sy Caroline Wozniacki in die kwarteindronde klop, vir Timea Bacsinszky in die halfeindronde, en die derde gekeurde Simona Halep in die eindstryd verslaan. Haar oorwinning as ongeplaaste speler op Roland Garros is die eerste sedert dié van Margaret Scriven in 1933.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Jeļena Ostapenko tydens die Franse Ope in 2017 Die tabel toon Ostapenko se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2015 Nie deelgeneem nie K1 Rondte 2 Rondte 22016 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 12017 Rondte 3 Wenner Kwarteindstryd Rondte 32018 Rondte 3 Rondte 1 Halfeindstryd Rondte 32019 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 32020 Rondte 2 Rondte 3 Toernooi nie gehou nie Nie deelgeneem nie2021 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 3 Nie deelgeneem nie2022 Rondte 3 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 12023 Kwarteindstryd Rondte 2 Rondte 2 Kwarteindstryd2024 Rondte 3 Rondte 2 Kwarteindstryd Rondte 12025 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 22026 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 1
Verwysings
Eksterne skakels
Jeļena Ostapenko se ITF-profiel Jeļena Ostapenko se WTA-profiel
Kategorie:Letlanders Kategorie:Tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1997 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers