Die Palaeanodonta is 'n groep uitgestorwe soogdiere. Hulle is verwant aan die Ietermagoë en word soms as 'n suborde van die orde Pholidota beskou. Ander navorsers beskou hulle as 'n sustergroep daarvan in 'n klade Pholidotamorpha. Die groep se lede was grawende insektivore diere Hulle word van die midde-Paleoseen tot die vroeë Eoseen in Noord-Amerika, Europa en die oostelike Asië aangetref.
Taksonomie Orde Pholidota / Pholidotamorpha Onderorde/Orde Palaeanodonta Familie Escavadontidae Familie Epoicotheriidae Familie Metacheiromyidae ?Ernanodon
Bronne The beginning of the age of mammals. KD Rose. The phylogeny of living and extinct pangolins (Mammalia, Pholidota) and associated taxa: a morphology based analysis. TJ Gaudin et al. Journal of Mammalian Evolution (2009).
Kategorie:Uitgestorwe soogdiere