Die Pleuraspidotheriidae is 'n klein familie van soogdiere uit die Paleogeen van Spanje, Frankryk en België. Een fossiel wat dalk ook in hierdie groep behoort is Hilalia uit Turkye.
Daar is drie genusse
Pleuraspidotherium Orthaspidotherium Hilalia
Van Pleuraspidotherium is amper 'n volledige skelet bekend en van Orthaspidotherium 'n volledige skedel met stukke skelet. In hierdie tydperk het Europa uit 'n reeks eilande bestaan, wat moontlik endemiese spesies gehad het en die verwantskap van hierdie diere is onduidelik. Hulle is taamlik primitief en lyk soos vroeë hoefdiere (Euungulata). Die onlangse ontleding deur Halliday''Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550 plaas hulle aan die basis van die Euungulata-tak van die Laurasiatheria.
Verwysings
Kategorie:Uitgestorwe soogdiere