Keiser Maksimiliaan I (22 Maart 1459 – 12 Januarie 1519) was Koning van die Romeine (ook bekend as Koning van die Duitsers) vanaf 1486 en Heilige Romeinse Keiser vanaf 1493 tot en met sy dood, alhoewel hy nooit deur die pous gekroon is nie, omdat die reis na Rome altyd te riskant was. Hy was die seun van Frederik III, Heilige Romeinse Keiser, en Eleonora Helena van Portugal. Hy was mederegeerder in die laaste dekade van sy vader se heerskappy, van om en by 1483 tot 1493.

Maksimiliaan het die invloed van die Huis van Habsburg deur oorlog uitgebrei en sy huwelik in 1477 met Maria van Boergondië, die erfgenaam van die Hertogdom Boergondië. Na die dood van Maria is hy met die erfgename van die hertog van Milaan getroud. Sy seun, Filips, het in 1496 met Johanna de Waansinnige, erfgename van die Spaanse kroon, laat trou.

Hy moes egter wel die Oostenrykse grondgebiede in hedendaagse Switserland aan die Ou Switserse Eedgenootskap afstaan. Deur sy seun Filips I van Kastilië se huwelik met die uiteindelike koningin Johanna van Kastilië in 1498, het Maksimiliaan tot die totstandkoming van die Habsburg-koningshuis in Spanje bygedra, wat sy kleinseun Karel in staat sou stel om die trone van Kastilië sowel as Aragon te bestyg.

So het die Habsburgers die rykste en magtigste vorstehuis in Europa geword, maar tesame daarmee het hulle hul ongelukkig ook die afguns en vyandskap van die Franse konings op die hals gehaal.

Sien ook Maksimiliaan I van Meksiko Filips II van Spanje Filips die Goeie

Bronnelys

KENNIS, 1980, , volume 4, bl. 812

Kategorie:Geboortes in 1459 Kategorie:Heilige Romeinse Ryk Kategorie:Sterftes in 1519 Kategorie:Keisers (HRR)