Die Pantodonta is 'n orde van uitgestorwe soogdiere. Hulle fossiele word in die Paleoseen-Eoseen van die westelike Europa, Noord-Amerika en die oostelike Asië aangetref.

Hulle was onder die grootste soogdiere wat in hul tydperk aangetref word. Daar was klein boombewoners soos Archaeolambda (ongeveer 7 kg) en groot grondbewoners soos Barylambda wat soos 'n reuseluidier van 650 kg gelyk het.

Die eerste wat die naam Pantodonta voorgestel het was Cope in 1873 toe hy Coryphodon (="Bathmodon") in hierdie sunorde geplaas het. Het het dit beskou as 'n onderorde van die "Amblypoda". Simpson het in 1937 die "Amblypoda" verwerp en die Pantodonta as orde voorgestel.Evolution of Tertiary Mammals of North America: Volume 1, Terrestrial Carnivores, Ungulates, and Ungulate Like Mammals, Cambridge University Press, 1998, ,

Die Pantodonta word vandag as 'n sustergroep van die Periptychidae beskou en onlangse ontleding van 'n groot groep spesies (Halliday 2015<ref>Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550</ref>) plaas altwee in die kroongroep Ferae van die Laurasiatheria.

Daar word gedink dat die Pantodonta in die vroegste Paleoseen in China ontstaan het en skielik Noord- en selfs Suid-Amerika bereik het. Die fossiel Alcidedorbignya inopinata (genoem na Alcide d'Orbigny) wat in Tiumpampa, Bolivia gevind is, is die bewys daarvoor. Die pantodont wat die volopste gevind word is Coryphodon'' wat ongeveer 150-300 kg swaar gewees het. In Noord-Amerika het dit aan die einde van die Wasatchium uitgesterf en hiermee het die Pantodonte daar verdwyn. In Asië bly hulle nog bestaan deur die midde-Eoseen (~48 mj)

Families: Titanoideidae Pantolanbdidae Coryphodontidae Barylambdidae

Galery

Verwysings

Kategorie:Uitgestorwe soogdiere